Johan van der Merwe Musiek Logo
Johan van der Merwe
Johan van der Merwe woon tans in Orkney, maar het in Hartebeesfontein groot geword. Hy is getroud met Stephanie. Hulle het drie kinders Juan die oudste, Davida die middelste dogter en die jongste dogter Johanè. Sy musiekloopbaan het eintlik eers in 2004 begin toe hy graag nog karaoke het, maar in 2005 het sy vrou, Stephanie, vir hom ‘n klankstelsel gekoop dat hy eerder by die huis kan sing. Sy eerste CD is in 2005 opgeneem.

As kind het Johan alreeds gehou van sing en dit is waar die musiek gogga hom gebyt het. Hy het nie enige musiek studeer nie maar wel in die skool se koor gesing. Johan se passie vir musiek het begin wanneer hy ‘n ver pad gery het. Hy het dit geniet om in ‘n koeldrank blikkie saam die radio te sing as hy alleen gery het, dis hoe hy homself kon hoor sing.
Johan van der Merwe het al baie voorvertonings vir bekende kunstenaars gedoen, insluitende Steve Hofmeyr. Kurt Darren, Leani May, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en nog vele meer.

Johan het sedert sy musiekloopbaan al regoor Suid Afrika opgetree vanaf Johannesburg tot die Kaap en feeste sluit in KKNK en Die Oos Kaap Uitvoerende Kunstefees.
Johan van der Merwe se eerste album was “Bosveldblom” gevolg deur “Skadu van ‘n Man” en dan “Vas aan My”. Die nuutste amptelike album is getiteld “Alles vir Niks” wat binnekort beskikbaar sal wees!

Johan kry sy inspirasie van ander kunstenaars asook mense waarmee hy elke dag in sy besigheidswêreld teëkom.

Om meer oor Johan te leer volg hom op acebook